• 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5

SA Hunters National Website


Besoek die SA Jagters Nasionale webwerf.

Member Administration

Aanlyn Lede Administrasie vir nuwe en bestaande lede.


Hunting Destinations

Soek of plaas jou Jagbestemming op die SA Jagters Jagbestemmings-databasis

Wesrand Tak

Wesrandtak is geleë in Roodepoort in die Gauteng provinsie. Die tak bedien lede in die Randburg, Roodepoort en Krugersdorp area.
Die Durban Deep skietbaan word gebruik vir ons skietdae. Die baan is agter ‘n ou mynhoop en is tans een van die bane as dit kom by .22 kompetisies en wel bekend by skole en streke vir provinsiale skietkompetiesies.
Die baan is al so deel van die Wesrandtak en is daar al heelwat veranderinge ten bate van ons lede aangebring. Maandeliks bied ons gelyktydig skietoefeninge vir Haelgeweer, geweer, pistool en boogskiet aan. Verskeie SAJWV skiettabelle word geskied op ons baan en daar sal elke maand een van hulle beskikbaar wees om u skietvernuf te beoefen!
Lede word per SMS-stelsel en e-posse laat weet wanneer skietdae gaan plaasvind. Daar word ook aan die begin van die jaar ‘n sak-kalender aan lede gegee om op hoogte te bly van kompetisies.
Ons het ‘n baie goeie verhouding met ons suster takke in die omgewing en hou gereeld intertak kompetisies aan.
Tak-Missie
Om jagtersbelange te bevorder en daardie belangrike deel van ons erfenis ook vir ons nageslag te beskerm;
  • deur die jagtradisie en -erfenis in Suid-Afrika uit te bou;
  • deur 'n positiewe beeld van die jag en die jagter te vestig en uit te bou;
  • deur positief en aktief by te dra tot die bewaring van ons natuurerfenis;
  • deur die skiet- en jagvaardighede van ons lede te verbeter;
  • deur eenstemmigheid in die wild- en jagsektor na te streef en te bevorder, en;
  • deur belanghebbende instansies en individue positief ten gunste van die jag en die jagter te beïnvloed.
Lees gerus hier meer oor die oorsprong van ons tak kenteken.

Kalender

29 Apr 2025
07:00PM - 09:00PM
Lede vergadering
03 May 2025
Durban Deep Skietdae
13 May 2025
06:30PM - 08:00PM
Bestuursvergadering
17 May 2025
Danielsrust Skietdae
27 May 2025
07:00PM - 09:00PM
Lede vergadering
07 Jun 2025
Durban Deep Skietdae
17 Jun 2025
06:30PM - 08:00PM
Bestuursvergadering
21 Jun 2025
Danielsrust Skietdae
24 Jun 2025
07:00PM - 09:00PM
Lede vergadering
05 Jul 2025
Durban Deep Skietdae

Tak Nuus

Algemene nuus

Ons tak skietdae ruil om vir 2025. Ons skiet nou by Durban Deep op die 1ste Saterdag van die maand, en by Danielrust op die 3de Saterdag van die maand.

Opleiding

Daar is nou ‘n opsie om die Toegewyde Sportskiet kursus aanlyn te voltooi deur gebruik te maak van die lede administrasie webwerf. Hou die kalender dop vir ons volgende toegewyde jagterkursus.

Aktiwiteite

Ons maandelikse ledevergaderings vind steeds plaas op die laaste Dinsdag van elke maand. Daar is sprekers vir die aande gereël wat interessante en wye temas dek.

April maand is maar stil aangaande ons Wesrand kompetisies. Ons bied steeds skiettabel oefeninge by al ons geleenthede die maand. Praat met die bestuur op die dag as u ‘n buitengewone oefening wil uitprobeer. Hulle sal met graagte u uithelp.

Hou ook ons webwerf dop vir jagplase waar ons lede al gaan jag het.

Mooi loop

 2025 Wesrand Kalender / Calendar

 

Skietbaan Reëls & Standaard Bevele

(BYLAAG 1.2 A)

  1. Die Baanoffisier het die finale gesag op die skietbaan en het die reg om teen onveilige en ongehoorsame deelnemers op te tree.
  2. Opdragte van die Baanoffisier moet onvoorwaardelik en onmiddellik uitgevoer word.
  3. Deelnemers is onderhewig aan die betrokke skietbaan se reëls en moet die Baanregister en die Vrywaringsvorm teken.
  4. Geen persoon onder die invloed van alkohol of narkotiese middels mag die skietbaan betree nie.
  5. Geen alkohol mag tydens die skietoefening op die skietbaan gebruik word nie.
  6. Vuurwapens moet ongelaai op die skietbaanterrein arriveer in ‘n doelgemaakte sak of tas.
  7. Vuurwapens mag net uit ’n sak of tas gehaal word in direkte opdrag van die Baanoffisier op die skietpunt en die lope  moet dan te alle tye in ‘n veilige rigting gerig wees.
  8. Vuurwapens mag nie op die skietpunt hanteer word terwyl enige persoon voor die skietpunt is nie.
  9. Deelnemers wat ‘n handwapen aan hulle liggaam dra moet dit aan die Baanoffisier of -beampte verklaar, onder toesig veilig maak op die skietpunt en weer terugplaas in die holster aan sy liggaam. Die handwapen mag slegs weer gelaai word na die skut die skietbaan verlaat het en op pad uit die skietbaanterrein is.
  10. Veilig verklaarde vuurwapens moet in sakke of tasse wees tydens beweging tussen skietpunte.
  11. Gehoor- en oogbeskerming is verpligtend.
  12. Toeskouers en wagtende deelnemers moet ten minste 10m agter die skietpunt wees, of buite die sigveld van die Baanoffisier. Voorts moet hulle gehoorbeskerming dra en stil wees terwyl geskiet word.

(BYLAAG 1.2B)

Geen skuts of toerusting op die skietpunt alvorens die Baanoffisier die opdrag gee:

  1. “Skuts na die skietpunt. Vuurwapens bly in sakke of tasse tot verdere bevele”.
  2.  “Die baan is gesluit (toe)”.
  3. Die Baanoffisier of -beampte besoek elke skut individueel en beveel: “Haal uit, verklaar en wys veilig”.
  4. Baanoffisier verduidelik skietoefening/inskietoefening en allokeer ‘n teiken aan elke skut op die skietpunt.
  5. “Neem skietposisie in en verstel visiere/teleskope”
  6. “Oog- en oorbeskerming”
  7. “Laai en maak gereed” (laai magasyn/ kamer van enkelskoot vuurwapens en grendel bly oop)
  8. “Is almal gereed?” – skuts wat nie gereed is nie moet aanduiding gee.
  9. “Die aflossing is nog nie gereed nie” – indien so aangedui.
  10. “Almal is gereed – sluit grendel en staan by” – met die snellervinger langs die snellerbeuel
  11. “Blaas fluitjie” of gee bevel “vuur” (tydens inskietoefening mag skut vuurwapens omruil binne tyd van oefening)
  12. Na verloop van voorgeskrewe tyd: Blaas fluitjie of gee bevel “stop”
  13. “Ontlaai, maak veilig” - Na die proses van ontlaai en veilig maak, mag die skut die vuurwapen neersit met die loop in ‘n veilige rigting gerig, maar hy moet by sy geweer bly en wag vir sy inspeksie
  14. In gevalle waar slegs van skietposisie op dieselfde afstand verander word, word bevele vanaf punt 4 herhaal.
  15. Voordat na ‘n volgende skietpunt beweeg word, beweeg Baanoffisier of -beampte na elke skut en beveel: “wys veilig” en daarna “pak weg” – vuurwapen word met rooi veiligheidsvlaggie in posisie of grendel verwyder of oop of toe aksie met die slagpen ontspan in sak of tas gebêre.
  16. Na alle vuurwapens geïnspekteer is verklaar Baanoffisier: “Die baan is veilig, tel doppies op en beweeg na volgende skietpunt”
  17. Op opvolgende skietpunte van dieselfde skietoefening word die bevele vanaf punt 4 herhaal.
  18. Na afloop van skietoefening moet vuurwapens veilig in sakke / tasse geplaas word, voordat tellings geneem of terug na die aanvanklike skietpunt geloop word.

 

Notas:

  1. In geval van noodtoestand – “STAAKVUUR, STAAKVUUR!” of met lang fluitjie blaas
  2. Baanoffisier mag oorblywende tydsintervalle uitroep indien versoek word
  • Tak Skietaktiwiteite
  • Ledevergaderings
  • Opleiding
  • Jagsake



Maandeliks op die eerste Saterdag van die maand.
Plek : Skietbaan, Daniëlsrustskietbaan - Krugersdorp (sien Kaart 1

Read More

Maandeliks op die laaste Dinsdag van die Maand
Plek : Discovery Rolbalbaan
Tyd : 18:30 vir 19:00

Read More

Toegewyde Jagterkursus: word by ons aangebied - Kontak asseblief met Leon Jansen (083 634-8224) of met

Read More

We have 279 guests and no members online