• 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5

SA Hunters National Website


Besoek die SA Jagters Nasionale webwerf.

Member Administration

Aanlyn Lede Administrasie vir nuwe en bestaande lede.


Hunting Destinations

Soek of plaas jou Jagbestemming op die SA Jagters Jagbestemmings-databasis

Wesrand Tak

Wesrandtak is geleë in Roodepoort in die Gauteng provinsie. Die tak bedien lede in die Randburg, Roodepoort en Krugersdorp area.
Die Durban Deep skietbaan word gebruik vir ons skietdae. Die baan is agter ‘n ou mynhoop en is tans een van die bane as dit kom by .22 kompetisies en wel bekend by skole en streke vir provinsiale skietkompetiesies.
Die baan is al so deel van die Wesrandtak en is daar al heelwat veranderinge ten bate van ons lede aangebring. Maandeliks bied ons gelyktydig skietoefeninge vir Haelgeweer, geweer, pistool en boogskiet aan. Verskeie SAJWV skiettabelle word geskied op ons baan en daar sal elke maand een van hulle beskikbaar wees om u skietvernuf te beoefen!
Lede word per SMS-stelsel en e-posse laat weet wanneer skietdae gaan plaasvind. Daar word ook aan die begin van die jaar ‘n sak-kalender aan lede gegee om op hoogte te bly van kompetisies.
Ons het ‘n baie goeie verhouding met ons suster takke in die omgewing en hou gereeld intertak kompetisies aan.
Tak-Missie
Om jagtersbelange te bevorder en daardie belangrike deel van ons erfenis ook vir ons nageslag te beskerm;
  • deur die jagtradisie en -erfenis in Suid-Afrika uit te bou;
  • deur 'n positiewe beeld van die jag en die jagter te vestig en uit te bou;
  • deur positief en aktief by te dra tot die bewaring van ons natuurerfenis;
  • deur die skiet- en jagvaardighede van ons lede te verbeter;
  • deur eenstemmigheid in die wild- en jagsektor na te streef en te bevorder, en;
  • deur belanghebbende instansies en individue positief ten gunste van die jag en die jagter te beïnvloed.
Lees gerus hier meer oor die oorsprong van ons tak kenteken.

Tak Nuus

Algemene nuus

Ons maandelikse ledevergaderings word gehou by Florida-Noord Rolbal klubhuis om 18h30 vir 19h00. Baie dankie aan die bestuur vir hul voorleggings van hul portefeuljes! Kontak ons gerus as julle nog vrae het!

Vir die lede wat nog nie een ons ledevergaderings bygewoon het nie wil ons net die versekering gee dat die fasiliteite puik is en dat daar genoeg omheinde parkering is, die braaiplek, kuier area, kontantkroeg en saal voldoen gewis aan al ons behoeftes. Ongelukkig mag jy net nie jou eie drank saambring nie maar drinkgoed is by die kontantkroeg beskikbaar teen klubpryse.

Die adres van Florida-Noord rolbal klubhuis is:

Parkstraat 44, Florida-Noord

Latitude: S26°10'14.202", Longitude: E27°55'50.058"

Latitude: -26.17061168, Longitude: 27.93057168 

2 Maande in die jaar afgeskeur of doodgetrek in die jaar. Tyd vlieg en ons weet maar net al te goed dat dit nie weer gaan gebeur nie, tensy jy ‘n DeLorean voertuig het wat met ‘n “flux capasitor” toegerus is! Hay hoe kom my jare nou deur...

Die tak se aktiwiteite vorder goed en alhoewel ons nie die eerste maand kon skiet nie was Februarie baie suksesvol! Baie dankie aan al die lede wat ons ondersteun het! Ons het ook al die eerste President skiet agter die rug en die tweede een is ook baie naby. Maar kom ons val weg met die gebeure...

Skiet- en Jagaangeleenthede

Ons skietdag se formaat is as volg:

Tussen 08h00 – 10h00 skiet ons slegs jag tabelle op die lang baan geskiet word. Dus is daar tussen hierdie tye geen tafel skiet nie. Lede wat slegs vanaf die tafels wil skiet, sal dit eers na 10h00 of na afloop van die tabelle kan doen.

Ons skiet in aflosse van ±15 skuts op ‘n slag te laat deelneem aan die tabelle wat vir die dag aangebied word. Vir die lede wat wil deelneem aan die tabelle sal daar vir hom/haar slegs een geleentheid per dag wees om dit te kan doen. Indien daar baie skuts is, doen ons genoeg aflosse sodat elkeen ten minste een kans per tabel kry.

Deelnemende skuts word die geleentheid gebied om hul gewere in te skiet tussen 07h20 – 07h50. Baanoffisiere is aan diens om die inskiet te behartig.

Deelnemers moet teen 08h00 sy/haar naam op die deelname lys van die tabel plaas en ook dan gereed wees om die betrokke tabel te skiet.

Ons het jagplaas informasie op die web geplaas en ons het verwysings ook in FaceBook geplaas na die artikels. Gaan loer gerus onder Jagsake op die webwerf.

Hou ook die webwerf dop vir die skietleer en peil jouself met die top tellings! Daar is verskeie mense beskikbaar op die baan wat sal help met die tabelle en posisies om jou net daai meer vertroue te gee vir die volgende skiet Saterdag!

Opleiding

Vir ons sport skuts en toegewyde jagters is 3 maande al verstreke! Ons doen werklik ‘n beroep op ons lede om so vroeg as moontlik te begin werk aan julle krediete om die statusse te behou!

Ons eerste toegewyde jagter kursus is beplan vir die 14e Maart 2020. Diegene wat dit wil bywoon vra ons dat jul spoedig moontlik met Henco in verbinding tree. Die nommer is hierbo en op die webwerf

Bewaring

Elke maand by die lede vergadering samel ons geld in vir bewaring. Ons poog ook om twee tot drie geleenthede te skep by die vergaderings vir individue om ons te kom vertel, en sodoende bewus te maak, van aktiewe bewaring in ons area. Ondersteun dus asb. ons lede vergaderings en wees betrokke.

Aktiwiteite

Die webwerf het ook die nuutste kalender bygewerk so maak ‘n draai daar om ook seker te wees wat gebeur by die tak asook wanneer.

Ons werk steeds aan die tak se identiteit en doen ‘n beroep op elkeen van ons lede om hul takhemde na ons aktiwiteite te dra.

Ons neem deurentyd bestellings vir die nuwe takhemde wat slegs na betaling bestel word aangesien elke hemp volgens jou spesifieke naam en grote bestel word. Die prys beloop R350 per hemp wat die borduurwerk van beide jou naam en Wesrand se wapen insluit. Daar is lang- en kortmou hemde beskikbaar.

Sien julle by die tak vergadering.

 

Mooi Loop!

 

2020 Wesrand Kalender / Calendar

 

Wesrand Tak

Dankie vir jou belangstelling in die Wesrand tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildsbewarings Vereniging.

Persoon wat by die tak wil aansluit kan dit aanlyn by secure.sahunters.co.za doen.

Lede-Administrasie - Member Administration

Chris Fourie - 082-881-5544
e-pos - e-mail :  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Sien ook die portefeulje verantwoordelike bestuurslede se kontakbesonderhede hier.
Also see contact detail of other portfolio responsible members here.

Tak Bankrekening - Branch Bank Account

Hierdie is die Tak se rekening. Deponeer asb slegs fooie wat vir takaktiwiteite bedoel is in hierdie rekening.
This is the Branch's account. Please only deposit fees meant for Branch activities into this account /

Moet asb nie fooie wat vir SAJWV bedoel is in hierdie rekening inbetaal nie.
Please do not deposit fees meant for SAHGCA into this account.


SAHGCA (Wesrand / West Rand)
Bank :  Nedbank
Tak / Branch: Sandton - Kode Code: 197005
Rekeningnommer / Account number::  1970790288

 

Tak Aktiwiteite

  • Tak Skietaktiwiteite
  • Ledevergaderings
  • Opleiding
  • Jagsake



Maandeliks op die derde Saterdag van die maand.
Plek : Skietbaan, Durban Deepweg - Roodepoort (sien Kaart

Read More

Maandeliks op die laaste Dinsdag van die Maand
Plek : Florida-Noord Rolbalbaan
Tyd : 19:00 vir 19:30

Read More

Toegewyde Jagterkursus: word by ons aangebied - Kontak asseblief met André Botha (083 463 3620) of

Read More

Algemene Jagsake Nuus Jagplaas Aanbiedinge
Op SAJWV se web bladsy is daar heelwat inligting oor Read More

We have 498 guests and no members online