• 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5

SA Hunters National Website


Besoek die SA Jagters Nasionale webwerf.

Member Administration

Aanlyn Lede Administrasie vir nuwe en bestaande lede.


Hunting Destinations

Soek of plaas jou Jagbestemming op die SA Jagters Jagbestemmings-databasis

Wesrand Tak

Wesrandtak is geleë in Roodepoort in die Gauteng provinsie. Die tak bedien lede in die Randburg, Roodepoort en Krugersdorp area.
Die Durban Deep skietbaan word gebruik vir ons skietdae. Die baan is agter ‘n ou mynhoop en is tans een van die bane as dit kom by .22 kompetisies en wel bekend by skole en streke vir provinsiale skietkompetiesies.
Die baan is al so deel van die Wesrandtak en is daar al heelwat veranderinge ten bate van ons lede aangebring. Maandeliks bied ons gelyktydig skietoefeninge vir Haelgeweer, geweer, pistool en boogskiet aan. Verskeie SAJWV skiettabelle word geskied op ons baan en daar sal elke maand een van hulle beskikbaar wees om u skietvernuf te beoefen!
Lede word per SMS-stelsel en e-posse laat weet wanneer skietdae gaan plaasvind. Daar word ook aan die begin van die jaar ‘n sak-kalender aan lede gegee om op hoogte te bly van kompetisies.
Ons het ‘n baie goeie verhouding met ons suster takke in die omgewing en hou gereeld intertak kompetisies aan.
Tak-Missie
Om jagtersbelange te bevorder en daardie belangrike deel van ons erfenis ook vir ons nageslag te beskerm;
  • deur die jagtradisie en -erfenis in Suid-Afrika uit te bou;
  • deur 'n positiewe beeld van die jag en die jagter te vestig en uit te bou;
  • deur positief en aktief by te dra tot die bewaring van ons natuurerfenis;
  • deur die skiet- en jagvaardighede van ons lede te verbeter;
  • deur eenstemmigheid in die wild- en jagsektor na te streef en te bevorder, en;
  • deur belanghebbende instansies en individue positief ten gunste van die jag en die jagter te beïnvloed.
Lees gerus hier meer oor die oorsprong van ons tak kenteken.

Kalendar

No events

Tak Nuus

Algemene nuus

Die jaarlikse kongres was die eerste naweek in November en is verteenwoordigers van die tak het dit bygewoon. Hendrik de Kock is vereer met verskeie toekennings onder andere ‘n rooi duiker trofee wat 4 1/8 duim gemeet het. Om dit in perspektief te stel, Roland Ward se minimum is 2 ½, en SA Jagters se maksimum (voor die een) was in 2017 gemeet 3 2/8. Die trofee van Hendrik oortref die vorige rekord met amper ‘n volle duim.

Hartlik geluk Hendrik met die besonderse trofee!

Ons werk steeds aan die tak se identiteit en doen ‘n beroep op elkeen van ons lede om hul takhemde na ons aktiwiteite te dra. Ons het nou ook langmou hemde vir die wat belangstel. 

Ons neem deurentyd bestellings vir die nuwe takhemde wat slegs na betaling bestel word aangesien elke hemp volgens jou spesifieke naam en grote bestel word. Die prys beloop R350 per hemp wat die borduurwerk van beide jou naam en Wesrand se wapen insluit.

Opleiding

Die tak bied deurlopend opleiding aan vir Toegewyde Sportskiet gedurende ons skiet dae.Kontak die betrokke beheerliggaamslid in dien u belangstel. Toegewyde Jagterskursus vind plaas op die 14e September2019. Kontak gerus ons Opleidingskoördineerder

Jeug opleiding word ook ad-hoc hanteer en word gekommunikeer via SMSe. Ons jeugkoördineerder het ‘n lys van name en as u nie gekontak is in die laaste maand vir nuus aangaande jeug aktiwiteite nie dan kontak hom gerus.

Bewaring

Daartwerklike bewaring is een van die tak se doelwitte die jaar. Ons geld insameling tydens die takvergaderings is ten bate van Droogtehulp–Burre Burger se projek, sien http://droogtehulp.co.za/af/projek/ vir verdere inligting.

Aktiwiteite

Ons maandelikse ledevergaderingword gehou by Florida-Noord Rolbalklubhuis 29 Oktober 2019 om 18h30 vir 19h00. 

Vir die lede wat nog nie een ons ledevergaderings bygewoon het nie wil ons net die versekering gee dat die fasiliteite puik is en dat daar genoeg omheinde parkering isdie braaiplek, kuierarea, kontantkroeg en saal voldoen gewis aan al ons behoeftes. Ongelukkig mag jy net nie jou eie drank saambring nie maar drinkgoed is by die kontantkroeg beskikbaar teen klubpryse. 

Die adres van Florida-Noord Rolbalklubhuis is: 

Parkstraat 35, Florida-Noord 

Latitude: S26°10'14.202", Longitude: E27°55'50.058" 

Latitude: -26.17061168, Longitude: 27.93057168 

Skiet- en Jagaangeleenthede

Ons het ‘n heerlike jaar beleef met al die skietdae en gebruik dus die geleentheid om vir al ons lede dankie te sê. Sonder julle kan ons geen skietdae aanbied nie. Baie dankie!

Sien julle by die ledevergadering.

Mooi Loop! 

     

Wesrand Tak

Dankie vir jou belangstelling in die Wesrand tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildsbewarings Vereniging.

Persoon wat by die tak wil aansluit kan dit aanlyn by secure.sahunters.co.za doen.

Lede-Administrasie - Member Administration

Chris Fourie - 082-881-5544
e-pos - e-mail :  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Sien ook die portefeulje verantwoordelike bestuurslede se kontakbesonderhede hier.
Also see contact detail of other portfolio responsible members here.

Tak Bankrekening - Branch Bank Account

Hierdie is die Tak se rekening. Deponeer asb slegs fooie wat vir takaktiwiteite bedoel is in hierdie rekening.
This is the Branch's account. Please only deposit fees meant for Branch activities into this account /

Moet asb nie fooie wat vir SAJWV bedoel is in hierdie rekening inbetaal nie.
Please do not deposit fees meant for SAHGCA into this account.


SAHGCA (Wesrand / West Rand)
Bank :  Nedbank
Tak / Branch: Sandton - Kode Code: 197005
Rekeningnommer / Account number::  1970790288

 

Tak Aktiwiteite

  • Tak Skietaktiwiteite
  • Ledevergaderings
  • Opleiding
  • Jagsake



Maandeliks op die derde Saterdag van die maand.
Plek : Skietbaan, Durban Deepweg - Roodepoort (sien Kaart

Read More

Maandeliks op die laaste Dinsdag van die Maand
Plek : Florida-Noord Rolbalbaan
Tyd : 19:00 vir 19:30

Read More

Toegewyde Jagterkursus: word by ons aangebied - Kontak asseblief met André Botha (083 463 3620) of

Read More

Op SAJWV se web bladsy is daar heelwat inligting oor Jag-bestemmings beskikbaar. Kyk gerus hier

Read More

We have 1056 guests and no members online