• 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5

SA Hunters National Website


Besoek die SA Jagters Nasionale webwerf.

Member Administration

Aanlyn Lede Administrasie vir nuwe en bestaande lede.


Hunting Destinations

Soek of plaas jou Jagbestemming op die SA Jagters Jagbestemmings-databasis

Wesrand Tak

Wesrandtak is geleë in Roodepoort in die Gauteng provinsie. Die tak bedien lede in die Randburg, Roodepoort en Krugersdorp area.
Die Durban Deep skietbaan word gebruik vir ons skietdae. Die baan is agter ‘n ou mynhoop en is tans een van die bane as dit kom by .22 kompetisies en wel bekend by skole en streke vir provinsiale skietkompetiesies.
Die baan is al so deel van die Wesrandtak en is daar al heelwat veranderinge ten bate van ons lede aangebring. Maandeliks bied ons gelyktydig skietoefeninge vir Haelgeweer, geweer, pistool en boogskiet aan. Verskeie SAJWV skiettabelle word geskied op ons baan en daar sal elke maand een van hulle beskikbaar wees om u skietvernuf te beoefen!
Lede word per SMS-stelsel en e-posse laat weet wanneer skietdae gaan plaasvind. Daar word ook aan die begin van die jaar ‘n sak-kalender aan lede gegee om op hoogte te bly van kompetisies.
Ons het ‘n baie goeie verhouding met ons suster takke in die omgewing en hou gereeld intertak kompetisies aan.
Tak-Missie
Om jagtersbelange te bevorder en daardie belangrike deel van ons erfenis ook vir ons nageslag te beskerm;
  • deur die jagtradisie en -erfenis in Suid-Afrika uit te bou;
  • deur 'n positiewe beeld van die jag en die jagter te vestig en uit te bou;
  • deur positief en aktief by te dra tot die bewaring van ons natuurerfenis;
  • deur die skiet- en jagvaardighede van ons lede te verbeter;
  • deur eenstemmigheid in die wild- en jagsektor na te streef en te bevorder, en;
  • deur belanghebbende instansies en individue positief ten gunste van die jag en die jagter te beïnvloed.
Lees gerus hier meer oor die oorsprong van ons tak kenteken.

Kalendar

25 May 2019
Gallery Sporting Rifle
28 May 2019
07:00PM -
Ledevergaderings / Member Meetings
11 Jun 2019
07:00PM -
Bestuursvergadering
15 Jun 2019
Skietdag Jagtabelle & Posligas
22 Jun 2019
Gallery Sporting Rifle
25 Jun 2019
07:00PM -
Ledevergaderings / Member Meetings
16 Jul 2019
07:00PM -
Bestuursvergadering
20 Jul 2019
Skietdag Jagtabelle & Posligas
30 Jul 2019
07:00PM -
Ledevergaderings / Member Meetings
13 Aug 2019
07:00PM -
Bestuursvergadering

Tak Nuus

Algemene nuus

Meimaand lê voor, ‘n maand waar ons ons demokratiese plig moet uitoefen. 1 Mei is Werkersdag en 8 Mei 2019 is verkiesingsdag. Ons doen beroep aan almal om te stem. Dit is ook een van die maande waar ons as gasheer die uitdaag spankompetisie aanbied, sien Skiet- en Jagaangeleenthede hieronder.

Ons werk steeds aan die tak se identiteit en doen ‘n beroep op elkeen van ons lede om hul takhemde na ons aktiwiteite te dra.

Ons neem deurentyd bestellings vir die nuwe takhemde wat slegs na betaling bestel word aangesien elke hemp volgens jou spesifieke naam en grote bestel word. Die prys beloop R350 per hemp wat die borduurwerk van beide jou naam en Wesrand se wapen insluit.

Opleiding

Die tak bied deurlopend opleiding aan vir Toegewyde Sportskiet gedurende ons skiet dae. Kontak die betrokke beheerliggaamslid indien u belangstel

Toegewyde Jagterskursus vind plaas op die 14e September. Kontak gerus ons Opleidingskoördineerder

Jeug opleiding word ook ad-hoc hanteer en word gekommunikeer via SMSe. Ons jeugkoördineerder het ‘n lys van name en as u nie gekontak is in die laaste maand vir nuus aangaande jeug aktiwiteite nie dan kontak hom gerus.

Bewaring

Daartwerklike bewaring is een van die tak se doelwitte die jaar. Ons geld insameling tydens die takvergaderings is ten bate van Droogtehulp – Burre Burger se projek, sien http://droogtehulp.co.za/af/projek/ vir verdere inligting.

Aktiwiteite

Ons maandelikse ledevergaderings word gehou by Florida-Noord Rolbalklubhuis om 18h30 vir 19h00.

Vir die lede wat nog nie een ons ledevergaderings bygewoon het nie wil ons net die versekering gee dat die fasiliteite puik is en dat daar genoeg omheinde parkering is, die braaiplek, kuierarea, kontantkroeg en saal voldoen gewis aan al ons behoeftes. Ongelukkig mag jy net nie jou eie drank saambring nie maar drinkgoed is by die kontantkroeg beskikbaar teen klubpryse.

Die adres van Florida-Noord Rolbalklubhuis is:

Parkstraat 35, Florida-Noord

Latitude: S26°10'14.202", Longitude: E27°55'50.058"

Latitude: -26.17061168, Longitude: 27.93057168

Skiet- en Jagaangeleenthede

18 Mei is die UITDAAG Spanskietkompetisie en ons doen ‘n beroep aan al ons lede om die kompetisie deel te neem. Dit is die Rooibok- en Vlakvark dissipline waaraan almal teen die tyd baie vertroud is. Ons ding mee teen Tembo en TVL tak en dit sal weer ‘n dag wees waar ons saam kuier en kompeteer.

Die April skietdag kon ons gebruiklik die drie tabelle weer uitsit. Die lede wat ons ondersteun het, baie dankie! Ons skietdag se formaat is as volg:

Tussen 08h00 – 10h00 skiet ons slegs jagtabelle op die langbaan geskiet word. Dus is daar tussen hierdie tye geen tafelskiet nie. Lede wat slegs vanaf die tafels wil skiet, sal dit eers na 10h00 of na afloop van die tabelle kan doen.

Ons skiet in aflosse van ±15 skuts op ‘n slag te laat deelneem aan die tabelle wat vir die dag aangebied word. Vir die lede wat wil deelneem aan die tabelle sal daar vir hom/haar slegs een geleentheid per dag wees om dit te kan doen. Indien daar baie skuts is, doen ons genoeg aflosse sodat elkeen ten minste een kans per tabel kry.

Deelnemende skuts word die geleentheid gebied om hul gewere in te skiet tussen 07h20 – 07h50. Baanoffisiere is aan diens om die inskiet te behartig.

Deelnemers moet teen 08h00 sy/haar naam op die deelname lys van die tabel plaas en ook dan gereed wees om die betrokke tabel te skiet.

Vir ons sport skuts en toegewyde jagters is 6  maande al verstreke! Ons doen werklik ‘n beroep op ons lede om so vroeg as moontlik te begin werk aan julle krediete om die statusse te behou!

Sien julle by die ledevergadering.

Mooi Loop!

     

Westrand Open Challange 2018 / Wesrand Opeuitdaag 2018

6 Oktober 2018

 

Wesrand se gewilde jaarlikse Ope-Uitdaag-Kleiskietkompetisie het soos oudergewoonte op die eerste Saterdag van Oktober dus die 6de plaasgevind. Skuts van verskeie takke uit Gauteng en omliggende provinises het van heinde en ver die skiet bygewoon. Die lenteoggend was nogals vars en skuts is met koffie, beskuit en muffins begroet.

Na opening met gebed verwelkom Wesrand se voorsitter, André Botha vir almal wat teenwoordig is en word die reëls en verloop van die dag se verrigtinge in breë verduidelik terwyl die skeidsregters twee-twee uitgeskuif het na die onderskeie skietpunte toe. 

Durban Deep skietbaan was weereens omskep in 'n haelgeweer paradys met somige baie moelike dissiplines (details) wat die manne van die muise geskei het.

Dit was ook weereens verblydend om heelwat van die skoner geslag tussen die geharde manne te sien skiet en selfs 'n paar juniors het ook deelgeneem. 

 

Die baan was opgestel met nege skietpunte van verskeie moelikheidsgrade  en die “squading” het gesorg dat daar met 2 spanne by elke skietpunt afgeskiet kon word. Met 'n bottel water en tellingkaart in elke skut se hand het die kompetisie met alle erns en stiptelik op tyd begin. Die verrigtinge het redelik seepglad verloop en sommer kort voor lank het die eerste spanne hulle tellings begin inhandig. Teen etenstyd het al die spanne klaar geskiet en het ‘n ander uitdaging die honger manne in die gesig gestaar en dit is om die middagete se vleis gaar te kry. Daar is met groot stories om die braaivleisvure gekuier. 

Nadat die manne se honger gestil is met die braaivleis en rolletjies (geskenk deur Tito en Massimo Lupini van Lupo Bakery) was dit tyd vir die prysuitdeling. Ammunisie as pryse is deur SIXES AND SEVENS geborg en skuts het ook ‘n kans gestaan om een van SAFARI & OUTDOOR se 6 geskenbewyse van R1000 elk deur gelukkige trekkings te kon wen. Ons sê dankie aan die Lupini broers, Peter Becker en Neil Harmse vir die ammunisie en Willem Immelman vir die geskenbewyse. Ons hoop om weer volgende jaar die begunstigdes te wees van so ruim borgskap. 

Wesrandtak se Sabeltandspan het met die louere in die spanafdeling weggestap. Die “High-Gun” met 'n 44 uit 50 telling was André Pienaar van die Smoking Clays span van die Vaaldriehoektak. Onder die dames het Sanet van Jaarsveld van Suikerbosrandtak die eerste plek ingeneem en vir die juniors het Herman Labuschagne van Pretoria-Oos Tak geseëvier. Sien die verskeie wenners in die verskeie klasse hier. 

Die skuts het gehoor gegee en goed by die baanreëls gehou en tydens onderhoude met deelnemende skuts, het dit duidelik geblyk dat die dag weereens 'n reuse sukses was.

Baie geluk aan die wenners asook baie dankie aan 'n ieder en elk wat kom deelneem het. Ons sien regtig uit om julle volgende jaar weer by ons te hê.

 

Attachments:
Download this file (7 - WESRAND OPE UITDAAG 06-10-2018 (ALGEHEEL).pdf)7 - WESRAND OPE UITDAAG 06-10-2018 (ALGEHEEL).pdf[Algehele Uitslae]156 kB

Tak Aktiwiteite

  • Tak Skietaktiwiteite
  • Ledevergaderings
  • Opleiding
  • Jagsake
  • Westrand Open Challange 2018 / Wesrand Opeuitdaag 2018



Maandeliks op die derde Saterdag van die maand.
Plek : Skietbaan, Durban Deepweg - Roodepoort (sien Kaart

Read More

Maandeliks op die laaste Dinsdag van die Maand
Plek : Florida-Noord Rolbalbaan
Tyd : 19:00 vir 19:30

Read More

Toegewyde Jagterkursus: word by ons aangebied - Kontak asseblief met André Botha (083 463 3620) of

Read More

Op SAJWV se web bladsy is daar heelwat inligting oor Jag-bestemmings beskikbaar. Kyk gerus hier

Read More

6 Oktober 2018

Wesrand se gewilde jaarlikse Ope-Uitdaag-Kleiskietkompetisie het soos oudergewoonte op die eerste Saterdag

Read More

We have 417 guests and no members online